Wimpers op Lakens

Albert Bredenhann (soos vertel deur Sophia Kapp)

Wat sien ʼn fotograaf wat boudoirfotografie doen? Hy sien vroue in hul naakte weerloosheid. En oor die loop van dekades leer hy wat dit kos om ʼn vrou te wees, hoe dit lyk as die lewe haar platgeslaan het, en watter prys sy – en hy – moet betaal om die vrou te laat herleef wat sy veronderstel is om te wees. Wimpers op lakens werp ʼn empatiese lens op die ervarings van twaalf vroue se boudoirfotografiesessies. Hul vrese en gevoelens word met fyn humor vervleg sodat elke karakter diep in jou hart inkruip. Die boek is voorts ʼn eerlike ontbloting van die effek wat al die vroue op Albert Bredenhann gehad het – as fotograaf, as man en as mens.

Albert Bredenhann

Fotograaf

Albert is n profesionele fotograaf vir die laaste 14 jaar en spesialiseer in Lifestyle fotografie wat wissel van troues tot glansvoorblaaie. Sy liefdes genre is Boudoir Fotografie en het al meer as 2000 Boudoir Sessies afgeneem. Albert se liefde vir fotografie het hom geskies en sy liefde vir mense en om mense beter te laat voel is sigbaar in al sy fotos. Albert besit oor n media maatskappy, woon in Pretoria en het n seun van 15.

Sophia Kapp

Skrywer

Sophia is ’n gewilde skrywer van romantiese en verhoudingsfiksie, met vier ATKV Woordveertjies op haar rak. Sy is ʼn ervare teksversorger en vertaler, en werk tans voltyds as die senior taaladviseur vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans, ʼn maatskappy sonder winsoogmerk wat digitale hulpbronne vir die Afrikaanse taalgemeenskap voorsien. Haar skryfwerk is al as kuns beskryf, en sy skryf vreesloos oor die diepste menslike emosies. Sy skryf oor die liefde tussen geliefdes, tussen ma’s en hul kinders, tussen susters en tussen vriende. Sy glo daaraan dat haar karakters tweede kanse moet kry, en dat hulle volkome gelukkig mag wees wanneer hulle hulle oopstel vir die liefde.

"Die een boek oor vroue wat elke man ook moet lees. Albert se stories bly jou by en laat jou soek na die weerloosheid in elke vrou."

- Dana Snyman

Christina (uittreksel)

Wimpers op Lakens by Albert Bredenhann on Scribd

“If you’re a women, then I’d go so far as to say this book is a must-read. I’m not saying “if you’re a woman,” I’m actually saying “if you’re a human.”” – Tammy

Toe tel ek dit op om ten minste net ‘n foto vir Facebook te neem en die voorwoord te lees, min wetende dat die inhoud my van bladsy een af gaan “plunder” soos ‘n Antjie Krog gedig of ‘n Laurika Rauch lied. – Didi

Kyk, as gewone egge tog maar fotograwe se gawe gehad het om vroue te kry om so openlik teenoor ons te bieg, sou ons almal beter mans wees. Albert se boek sê my dat ‘n goeie fotograaf soos ‘n goeie haarkapper, eintlik ‘n goeie sielkundige moet wees. Dis gemaklike leesstof en ewe relevant vir beide geslagte. Goed gedaan, Albert. – Steve Hofmeyr

Die boek word aanbeveel vir alle vrouens wat nodig het om herinner te word: ‘Jy is nie die eerste vrou wat waardering vir jouself moet terugkry nadat iemand jou met woorde of vuiste afgeransel en jou laat voel het jou vroulikheid is onder verdenking nie.’ – Anschen Conradie

Albert sien raak wanneer ander wegkyk. – Anelda